Spies het sy vrou geken. Sy het swanger geword en aan Genade geboorte gegee. Hy het ‘n stad gebou en die stad op sy naam geroep, nes die naam van sy seun Genade. Vir Genade is Irad gebore. En Irad het aan Mehoejaël geboorte gegee. En Mehoejaël het aan Metoesjaël geboorte gegee. En Metoesjaël het aan Lameg geboorte gegee.Lameg het vir hom twee vroue geneem, die naam van die een was Sluip en die naam van die tweede was Braai. Sluip het aan Watersloot geboorte gegee. Hy was die vader van diegene wat in tente woon en van veeboere. Die naam van sy broer was Waterkanaal. Hy was die vader van almal wat die harp en die fluit speel. En Braai, sy het ook geboorte gegee, aan Toebal se Spies, slyper van al die koper en yster slypinstrumente. Die suster van Toebal se Spies was Skoonheid.
Lameg het vir sy vroue, Sluip en Braai, gesê, “Hoor my stem, vroue van Lameg. Luister na my woord. Ek het ‘n man doodgemaak vir my wond, ‘n jong man vir my wond. Indien Spies sewe keer gewreek is, dan sewe-en-sewentig keer vir Lameg.”