die Jahoe-projek

1.6 Jahoe vloek die slang, die vrou en die mens

Magtige Jahoe het aan die slang gesê, “Aangesien jy hierdie ding gedoen het, sal jy vervloek wees onder al die mak diere en al die diere van die veld. Jy sal op jou pens rondgaan en jy sal stof vreet al die dae van jou lewe. Ek sal vyandskap tussen jou en die vrou plaas, tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou kop verbrysel en jy sal sy hakskeen byt.”Vir die vrou het hy gesê, “Ek sal beslis jou kraampyne vermeerder. Jy sal in pyn kinders baar. Jy sal jou man begeer en hy sal oor jou regeer.”

Vir die man het hy gesê, “Omdat jy na die stem van die vrou geluister het en geëet het van die boom wat ek jou verbied het toe ek gesê het jy moenie daarvan eet nie, is die grond as gevolg van jou vervloek. Jy sal hard swoeg en al jou dae sal jy doringbos eet. Dubbels sal om jou groei en jy sal die plante van die veld eet. Jy sal met sweet op jou gesig brood eet; totdat jy terugkeer na die grond, want daaruit is jy geneem. Want grond is jy en na die grond sal jy terugkeer.

1 Kommentaar »

  1. ek sien jy het jou kommentaar oor die vervloekte grond verwyder.
    ek hou weer daarvan. regdeur die ou testament is dit duidelik dat die skepping saam met die mens die gevolge van sonde dra. een van my gunsteling verse is in jona: “en nog baie diere”.
    as ‘n mens glo dat Christus gekom het om die koninkryk op aarde aan te kondig, nie net ‘n pie in the sky when you die nie, dan raak die herstel van die skepping deel van ons waardes en opdrag.
    dink ek.

    Comment deur maeree — Julie 29, 2008 @ 11:51 vm


RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI

Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.