die Jahoe-projek

1.5 Jahoe vind uit oor die vrugte

Hulle het op die middagbries die geluid van Magtige Jahoe gehoor toe hy in die tuin gaan wandel het. Die mens en sy vrou het in ‘n boom van die tuin van Magtige Jahoe se aangesig weggekruip.

Magtige Jahoe het na die mens geroep. “Waar is jy?” het hy gevra.

Hy het geantwoord, “Ek het u stem in die tuin gehoor en ek was bang, want ek is nakend. Dus het ek weggekruip.”

“Wie het jou vertel dat jy nakend is?” het hy gevra. “Het jy geëet van die een boom waarvan ek jou beveel het om nie te eet nie?”

“Die vrou wat u hier by my gesit het, sy het vir my van die boom gegee en ek het geëet,” het hy gesê.

En Magtige Jahoe het vir die vrou gesê, “Wat is hierdie ding wat jy gedoen het?”

“Die slang het my bedrieg,” het die vrou gesê, “en ek het geëet.”

No Comments Yet »

Nog geen kommentaar nie.

RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI

Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.