die Jahoe-projek

2.6 Die toring van Babel

Daar was in die hele land een taal en die woorde was eenders.

Hulle het die ooste verlaat. Hulle het ‘n vallei in die land van Sjinear ontdek en daar gebly. En hulle het gesê, elk aan sy naaste, “Laat ons bakstene maak en die bakstene deeglik bak.” Vir hulle was dit bakstene eerder as klip, en pik in die plek van klei.”Laat ons kom en vir ons ‘n stad bou,” het hulle gesê. “En ‘n toring met ‘n spits in die hemel. Ons sal vir ons ‘n naam maak en nie oor die gesig van die hele land versprei word nie.”

Jahoe het afgegaan om die stad en die toring te sien wat die seuns van die mens gebou het. “Dit het hulle as een volk met een taal gedoen,” het Jahoe gesê. “Nou sal niks wat hulle beplan meer vir hulle onmoontlik wees nie. Kom laat ons afgaan en hul taal daar verwar, sodat nie een die taal van sy naaste sal verstaan nie.”

Jahoe het hulle van daar oor die aangesig van die hele land versprei en hulle het opgehou om die stad te bou. Daarom word dit geroep met die naam van Babel, want daar het Jahoe die taal van die hele land verwar en van daar het Jahoe hulle oor die hele land laat versprei.

No Comments Yet »

Nog geen kommentaar nie.

RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI

Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.