die Jahoe-projek

2.4 Noag vloek sy kleinseun

Die seuns van Noag wat uit die boot gekom het, was Sem, Gam en Jafet. En Gam was die vader van Kanaän.Dit was Noag se drie seuns, en uit hulle het die land voortgespruit.Noag, ‘n man van die grond, het begin en het ‘n wingerd geplant. Hy het van die wyn gedrink en hy het dronk geword. Hy het hom uitgetrek en in die middel van sy tent gaan lê.

Gam, vader van Kanaän, het sy vader se geslagsdele gesien. Hy het sy twee broers buite vertel. Toe het Sem en Jafet ‘n kleed gevat, dit oor hul twee skouers gesit en agteruit geloop. Hulle het hul vader se geslagsdele bedek. Hul gesigte was weggekeer van hul vader se geslagsdele en hulle het nie gesien nie.

Noag het van sy wyn ontwaak en geweet wat sy jongste seun aan hom gedoen het. “Vervloek is Kanaän,” het hy gesê. “Hy sal ‘n slaaf vir sy broers wees. Geseënd is Jahoe, die god van Sem. Laat Kanaän sy slaaf wees. Laat God ruimte aan Jafet gee, laat hy in Sem se tent woon, en laat Kanaän sy slaaf wees.”

Ná die vloed het Noag driehonderd-en-vyftig jaar geleef. Al die dae van Noag was nege-honderd-en-vyftig jaar.

En hy het gesterf.

No Comments Yet »

Nog geen kommentaar nie.

RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI

Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.