die Jahoe-projek

2.3 Die water wyk

God het Noag en al die wilde en mak diere by hom in die boot onthou. God het ‘n wind oor die land laat gaan en die water het teruggetrek. Die fonteine van die diepte en die sluise van die hemel is toegemaak en die reën van die hemel is gestop. Die water het weggekeer van die land. Dit het gegaan. Dit is weggekeer. Die water het ná honderd-en-vyftig dae gedaal en die boot het op die sewentiende dag van die sewende maand op die berg Ararat tot rus gekom. Die water het tot die tiende maand aangehou om te wyk en te daal. In die tiende maand, op die eerste dag van die maand, is die spitse van die berge gesien.Dit was ná veertig dae toe Noag het die boot wat hy gemaak het se luik oopmaak. Hy het ‘n kraai gestuur en dit het weer-en-weer uitgegaan en teruggekeer totdat die water op die land opgedroog het.Hy het die bosduif weggestuur om te sien of die water teruggetrek het vanaf die aangesig van die land, maar die bosduif kon nie ‘n rusplek vir die bodem van sy poot vind nie en het na hom teruggekeer, na die boot, want daar was water op die hele aangesig van die aarde. Hy het sy hand uitgesteek en hy het dit gevat. Hy het na hom gekom, na die boot.

Hy het nog sewe dae gewag en weer ‘n bosduif uit die boot gestuur. Hierdie keer het die bosduif in die aand na hom gekom. Sowaar! ‘n Vars olyftak in sy mond. En Noag het geweet dat die water vanaf die land teruggetrek het.

Hy het daarna nog sewe dae gewag en hy het die bosduif gestuur. Dit het nie weer na hom teruggekeer nie.

Dit was op die eerste dag van die eerste maand van die ses-honderd-en-eerste jaar toe die water vanaf die land opgedroog en Noag die bedekking van die boot verwyder het. Hy het gekyk en sowaar! die aangesig van die aarde het droog geword. En in die tweede maand, op die sewe-en-twintigste dag van die maand, het die aarde droog geword.

God het met Noag gepraat deur te sê, “Kom uit die boot uit, jy en jou vrou en jou seuns en jou seuns se vroue wat by jou is. Al die diere wat by jou is, uit al die wesens – voëls en mak diere en al die insekte wat op die land krioel, laat hulle saam met jou uitgaan, oor die land swerm, vrugbaar wees en vermeerder in die land.”

So Noag en sy seuns en sy vrou en sy seuns se vroue met hom het uitgegaan.

Elke dier en elke insek en elke voël, alles wat op die land beweeg, het die boot in groepe verlaat.

Toe het Noag ‘n altaar vir Jahoe gebou. Hy het van al die rein diere en al die rein voëls geneem en hy het die offer na die altaar opgeneem. Jahoe het die gerusstellende reuk ingeasem en in sy hart gesê, “Vir die mens se onthalwe sal ek nie weer my weersin in die aarde laat toeneem nie, al is die gedagtes van die mens se hart van sy jongdae af sleg. En ek sal nie weer alles wat lewe vernietig soos ek gedoen het nie. Vir al die dae van die wêreld sal saad en oes en koue en hitte en somer en winter en dag en nag nooit ophou nie.”

No Comments Yet »

Nog geen kommentaar nie.

RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI

Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.