die Jahoe-projek

2.2 Water op die land

Noag het guns in Jahoe se oë behaal.Hierdie is die sage van Noag:

Noag was ‘n regverdige man. Hy was foutloos onder sy geslag.

Jahoe het vir Noag gesê, “Kom jy en jou hele familie na die boot, want ek het gesien in hierdie geslag is jy regverdig in my aangesig. Vat vir jou van elke rein mak dier sewe pare – sewe manlikes en hul wyfies – en van die diere wat nie rein is nie twee – ‘n mannetjie en sy wyfie. Ook van die voëls van die hemel sewe pare – manlik en vroulik – om saad op die aangesig van die land te wees. Want oor sewe dae gaan ek vir veertig dae en veertig nagte reën op die aarde stuur. Ek gaan al die wesens vernietig wat ek op die aangesig van die land gemaak het.”

En Noag het gedoen soos als wat Jahoe beveel het.

Noag was die kind van seshonderd jare.

En die vloed was water op die land. Noag het gegaan, met sy seuns en sy vrou en sy seuns se vroue by hom, voor die aangesig van die water van die vloed uit. Die rein diere en van die diere wat nie rein is nie, van die voëls en van alles wat beweeg op die aarde, twee vir twee het hulle na Noag gekom, na die boot, manlik en vroulik soos alles wat God Noag beveel het. Dit was sewe dae, en die water van die vloed was op die land.

Dit was die seshonderdste jaar van die lewe van Noag, in die tweede maand en die sewentiende dag – in dié maand en dag is al die fonteine van die oorvloedige dieptes oopgeskeur en die vensters van die hemele is oopgemaak. Daar was reën op die land vir veertig dae en veertig nagte.

In die gebeentes van dié dag het Noag en sy seuns, Sem, Gam en Jafet, sy vrou en die drie vroue van sy seuns, na die boot gekom. Hulle en al die tipes wilde diere en al die soorte mak diere en al die wesens wat beweeg op die land volgens sy soort en elke voël volgens sy soort, elke voël, elke vlerk. Hulle het twee-twee na Noag en na die boot gekom, al die wesens wat in hulle die lewensasem het. Dit was die aankoms van die mannetjies en die wyfies uit al die diere. Hulle het gekom soos God hom beveel het.

En Jahoe het [die deur] agter hom toegemaak.

Die vloed was veertig dae op die land. Die water het vermeerder en het die boot hoog bo die land opgelig. Die water was oorweldigend en het kragtig vermeerder op die land en het die boot bo die aangesig van die land opgetel. Die water se krag op die land het vermeerder en vermeerder en het al die trotse berge onder die hemel bedek. Die water was vyftig lengtes diep en het die berge bedek.

Al die wesens wat op die land beweeg, het gesterf, nes al die voëls en nes al die mak diere en nes alles wat krioel op die land en die hele mensdom. Onder alles wat op die droë land is, het elkeen wat die lewensasem in sy neus het gesterf. Elke lewende wese wat op die aangesig van die aarde was, is verwoes, van mens tot mak dier tot wilde dier en tot die voëls van die hemel. Hulle is vanaf die land vernietig. Net Noag en diegene wat by hom in die boot was het oorgebly.

Die water het die land vir ‘n honderd en vyftig dae oorweldig.

No Comments Yet »

Nog geen kommentaar nie.

RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI

Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.