Jahoe het vir Trotse Vader gesê, “Gaan jy en verlaat jou land, jou familie en die huis van jou vader. Gaan na die land wat ek jou sal laat sien. Ek sal jou ‘n groot volk maak. Ek sal jou seën en jou naam groot maak. Wees geseënd. Ek sal diegene seën wat jou seën, maar diegene vervloek wat jou vervloek. Al die nasies van die aarde sal in jou geseënd wees.”
Trotse Vader het gegaan soos Jahoe aan hom gesê het, en Doek het saam met hom gegaan. Trotse Vader was die seun van vyf-en-sewentig jaar toe hy uit Haran vertrek het. Trotse Vader het gegaan met Sarai, sy vrou, en saam met Doek, die seun van sy broer, en al die besittings wat hulle verkry het en die mense wat gewerk het in Haran.
Hulle het vertrek om na die land van Kanaän te gaan.
Trotse Vader het die land oorgesteek tot by die plek van Sigem by die Boogskutterboom. Die Kanaäniete was toe in die land. Jahoe is by Trotse Vader gesien. Hy het gesê, “Aan jou saad gee ek hierdie land.” Hy het daar ‘n altaar gebou vir Jahoe wat by hom gesien is.
Van daar het hy na die berg oos van Godshuis beweeg. Hy het sy tent daar gesit, met Godshuis in die weste en Ai in die ooste. Hy het daar ‘n altaar vir Jahoe gebou en die naam van Jahoe aangeroep.
En Trotse Vader het vertrek en na die Negev gegaan.