‘n Rivier het in die vreugdetuin ontspruit sodat dit die tuin water kon gee. Van daar het dit in vier verdeel.
Een deel se naam was Pisjon en dit het om die hele land van Hawila gevloei, ‘n land waar daar goud was. Die goud van daardie land was goed. Daar was ook boomgom en edelgesteentes.
Die tweede rivier se naam was Ghihon. Dit het reg rondom die land van Kus geloop.
Die naam van die derde rivier was die Tigris. Dit het na die ooste van Assirië geloop.
En die vierde rivier was die Eufraat.
Magtige Jahoe het die mens geleer om in die vreugdetuin te rus, om dit te bewerk en te versorg. “Eet van al die bome in die tuin,” het Magtige Jahoe die mens beveel, “maar moet nie van die boom van kennis van goed en kwaad eet nie, want op die dag dat jy daarvan eet, sal jy sterf.”