Toe begin die mens baie word op die aangesig van die aarde. En dogters is vir hulle gebore.Die seuns van God het gesien dat die mens se dogters mooi is en hulle vir hulle vroue gevat vanuit al dié wat hulle wou hê.
Toe het Jahoe gesê, “My gees sal nie vir altyd in die mens bly nie, want hy is vlees. Dit sal sy dae wees: honderd-en-twintig jaar.”
Die hemelwesens was in dié tyd op die aarde en ook daarna, want die seuns van God het na die mens se dogters gegaan en hulle het vir hulle magtige krygers gebaar wat vir altyd manne van naam was.Jahoe het gesien die mens se boosheid is volop op die land. Elke gedagte onder die gedagte van sy hart was altyd sleg. Jahoe was spyt dat hy die mens in die land gemaak het. Hy is in sy hart met hartseer gevul.
Jahoe het gesê, “Ek gaan die mens wat ek geskep het vanaf die aangesig van die aarde verwyder. Kyk diere! En kyk voëls van die hemel! Ek rou omdat ek hulle gemaak het.”